INLEIDENDE FASE:
Wat dink jy is 'n mengsel?
Tydens die vorige les het ons na die volgende gekyk:
Aan die einde van hierdie les moet jy in staat wees om:
-'n mengsel te definieer.
- die verskillende tipe mengsels en hul eienskappe te kan noem.
-'n onbekende mengsel te kan klassifiseer.
ONDERRIG- EN LEERFASE:
Definisie van ‘n mengsel:
‘n Mengsel word uit twee of meer stowwe saamgestel. Hierdie stowwe is nie verbind of aanmekaar geheg nie en geen chemiese reaksie het plaasgevind nie.
Eienskappe van ‘n mengsel:
Die stowwe waaruit ‘n mengsel bestaan:
o word nie in ‘n vaste verhouding gemeng nie.
o behou hul fisiese eienskappe.
o kan op ‘n megansiese wyse geskei word.
Mengsels kan in twee hoofgroepe verdeel word, naamlik heterogene mengsels en homogene mengsels:
Heterogene mengsels:
o Bestaan uit twee of meer stowwe.
o Nie-uniform
o Verskillende komponente kan gesien word.
Voorbeelde van heterogene mengsels:
lekkers
olie en water
Om te onthou:
h"ET"erogene mengsels: ET verskil van ander mense, daarom kan daar tussen die verskillende komponente van 'n heterogene mengsel onderskei word.
Homogene mengsels:
o Uniform
o Verskillende komponente kan NIE gesien word NIE.
Voorbeelde van homogene mengsels:
soutwater
koffie
Video oor homogene en heterogene mengsels
Stappe om 'n mengsel te klassifiseer:
STAP 1 - Kyk na die definisies.
STAP 2 - Besluit of jy die komponente kan sien of nie.
STAP 3 - Besluit of die komponente eenvormig gemeng is of nie.
STAP 4 - Gee die finale antwoord.
Voorbeeld Vrae
AFSLUITFASE:
Opsomming:
'n Liedjie om te onthou:
Huiswerk:
No comments:
Post a Comment